Poliuretaan

Sintese van poliuretaan
Poliuretaanskuim

Poliuretaan is 'n polimeer wat bestaan ​​uit organiese eenhede wat deur karbamaat (uretaan) verbindings verbind word. Terwyl die meeste poliuretane polimere is wat nie smelt as dit verhit word nie (termohard), is poliuretane wat met hitte sag word (termoplasties) ook beskikbaar.

Poliuretaanpolimere word meestal gevorm deur 'n di- of tri-isosianaat met 'n poliöl[Nota 1] te laat reageer. Aangesien poli-uretane twee soorte monomere bevat, wat een na die ander polimiseer, word hulle geklassifiseer as 'n afwisselende kopolimere. Beide die isosianate en poliöle wat gebruik word om poli-uretane te vervaardig, bevat gemiddeld twee of meer funksionele groepe per molekuul.

Poliuretane word gebruik vir die vervaardiging van plastiekskuimsitplekke met hoë veerkragtigheid, stewige skuim-isolasiepanele, mikrosellulêre skuimseëls en -pakkings, spuitskuim, duursame plastiese wiele en bande (soos op roltrappe, winkeltrollies, hysbakke en skaatsplankwiele), hoëwerkverrigtinggom, oppervlakbedekkings (soos bv. atletiekbane) en seëlmiddels, sintetiese vesels (bv. Spandex), tapytonderlaag, harde plastiekonderdele (bv. vir elektroniese instrumente), kondome, en tuinslange.
Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "Nota", but no corresponding <references group="Nota"/> tag was found


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search